God se Woord VARS vir jou Vandag

Spring In!

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3069

Send us a text

Lukas 2:49, 50 “Maar hoekom was dit nodig om te soek?” het Hy gevra. “Julle moes geweet het Ek sou in my Vader se huis wees.” Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. (NLV) 

Mag ek jou vandag vra: Wat is jou doel in die lewe? Wat gee betekenis aan jou bestaan? Is dit net om jouself gelukkig te maak? Want, 'n lewe wat daarop gerig is om slegs jou eie begeertes te bevredig, en om jouself gelukkig te maak, is een van die leegste, mees onbevredigende lewens wat jy jouself ooit kan voorstel.

So, laat ek weer vra, Wat is jou doel? Wat doen jy vir ander mense deur jou unieke, Godgegewe gawes en vermoëns te gebruik om hul lewens te seën en te verryk?

Op twaalfjarige ouderdom het Jesus in Jerusalem soek geraak. Stel jou Josef en Maria se paniek voor: "Ons het die Verlosser van die wêreld verloor. En wat sal God sê as Hy sien dat ons hierdie een verantwoordelikheid wat Hy vir ons gegee het, nie nagekom het nie? Maar toe hulle Hom uiteindelik kry, ...

Lukas 2:49 “Maar hoekom was dit nodig om te soek?” het Hy gevra. “Julle moes geweet het Ek sou in my Vader se huis wees.” Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. (NLV).

Reeds van 'n baie jong ouderdom af het Jesus baie duidelik geweet wat sy doel in die lewe was en Hy het nie vir ‘n oomblik daaroor getwyfel nie. Wat 'n rolmodel!

C.S. Lewis het eenkeer gesê: Die wêreld kan binne tien minute tot ‘n einde kom; intussen moet ons voortgaan om ons plig te doen. Die grootste ding is om as 'n kind van God op jou pos te wees; elke dag te leef asof dit jou laaste is, maar om terselfdertyd te beplan asof die wêreld nog 'n honderd jaar lank gaan voortbestaan.

Dis ‘n groot versoeking om ons lewens te leef asof óns die middelpunt van die heelal is; en dat ál wat tel: óns gemak, óns behoeftes en óns toekoms is. Maar my vriend, dis beslis nie waarvoor ons op hierdie aarde geplaas is nie. 

God het jou geskep, jou geseën en jou geroep om iets unieks te doen en tot seën vir ander te wees. Spring in en doen dit!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY