God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Haastige Hond Verbrand Sy Mond

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3070

Send us a text

1 Konings 20:11 Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: ’n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.”(NLV) 

Om in 'n argument betrokke te raak, is een van die beste maniere om jouself in die moeilikheid te laat beland. Ek het gesien hoe mense die geleentheid geniet; hoe hulle vol vertroue instorm met die idee dat hulle die stryd gaan wen - net om sleepvoetend daar uit te stap en hulle wonde te moet gaan lek. 

Het jy al ooit selfvoldaan in ‘n stryery betrokke geraak? Ek het op my dag, al op meer as een geleentheid met te veel selfvertroue daarin betrokke geraak, maar glo my: dit is nie iets wat ek graag sal wil herhaal nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is nie ‘n lafhartige bangbroek nie. Trouens, ek het nogal 'n sterk persoonlikheid. My naam – Bernhard – beteken ‘sterk soos 'n beer’.

Maar wanneer ons konflik te vinnig en met te veel selfvertroue benader, en oortuig voel dat óns reg is, vertroebel daardie trots ons oordeel; dit verblind ons vir die gevare wat voorlê. Ons lees in die Ou Testament in:

1 Konings 20:11 Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: ’n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.” (NLV)

Koning Agab se argument is dat dit onverstandig is om met 'n oorwinning te spog, voordat die geveg begin het. Dié een wat vir die geveg voorberei deur sy gevegsuniform aan te trek, moenie spog soos iemand wat reeds gewen het nie.

Met ander woorde: dit is baie makliker om 'n argument te begin as om een te wen. Natuurlik is konflik soms onvermydelik. Soms moet jy inderdaad jou man staan. Maar daardie tye is meer die uitsondering as die reël.

Jesus het die grootste geveg in die ganse geskiedenis gewen deur te weier om te veg. Hy het mense, soos ek en jy gered, deur Homself oor te gee aan die dood aan 'n Kruis en God toe te laat om die oorwinning te behaal, deur Hom weer op die derde dag op te wek.

Moenie gevegte veg tensy jy absoluut móét nie. En moet beslis nie met oorwinning spog terwyl jy nog besig is om jou gevegsuniform aan te trek nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY