
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe om Vrugte te Kweek
Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
Ons weet dat byna een derde van die wêreld se bevolking – 2,5 miljard mense – beweer dat hulle Christene is, maar dat baie van hulle nie 'n opregte verhouding met Jesus het nie. En, om die waarheid te sê, lyk hulle soos skynheiliges.
Daar is niks erger as 'n Christen wat beweer dat hy in Jesus glo, maar wie se lewe wys dat hy Hom nie gehoorsaam nie, en sodoende vir Christus daardeur onteer.
Jesus het 'n gelykenis oor verskillende soorte Christene vertel deur die voorbeeld van 'n boer wat saad strooi, te gebruik. Van die sade het langs die pad geval en is dadelik deur voëls geëet; sommige het op klipperige grond geval en vinnig opgekom net om te verdor as gevolg van 'n gebrek aan genoeg grond vir hul wortelstelsel; en sommige het tussen dorings geval wat uiteindelik die plante verstik het.
Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
D.L. Moody, ‘n baie bekende 19de eeuse pastoor en evangelis, het eenkeer gesê: Ek het nooit 'n vrugdraende Christen gesien wat nie 'n student van die Bybel was nie.
Ek stem volkome saam. Wanneer jy jou Bybel oopmaak, en wanneer jy biddend lees wat God daardeur vir jou sê, en wanneer jy sy Gees toelaat om sy Woord op jou hart te skryf, is dít wanneer jy verander. Dit bemagtig jou om jou lewe tot sy eer te leef en om daagliks meer en meer soos Jesus te lyk.
In die pad; op die klipperige grond; tussen die dorings … is geen plek vir jou om te wees nie. Maak seker dat jy jouself in goeie grond bevind, sodat jy oorvloedige vrugte kan dra wat jou verhouding met Jesus waardig is.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.