God se Woord VARS vir jou Vandag

September nuusbrief

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 4:51

Goeiemôre aan al ons VARS potgooivriende!
 
Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se September nuus!
 
Ons vertrou dat dit goed gaan met jou en die mense vir wie jy omgee! Jy, en al ons ander potgooi intekenaars, is vir ons só kosbaar!
Weet jy, ek dink partykeer dat ek in beheer van my eie lewe is. Dink jy nie ook soms dat jy kan maak net soos jy wil nie?
Jy het seker al van koning Nebukadneser gehoor? Babilon, wat simbolies van die boosheid van hierdie wêreld geword het, was sy hoofstad, met die bekende Hangende Tuine en meer as 50 tempels, wat aan verskillende gode gewy is. Teen die tyd van sy dood was hy die magtigste heerser in die wêreld.
 
Daniël het na aanleiding van Nebukadnesar se droom (van die groot boom) vir hom gesê: breek met u sonde en u ongeregtigheid, doen wat reg is en bewys barmhartigheid teenoor dié wat in nood is. (Daniël 4:27).
 
Nebukadnesar slaan egter nie ag op die waarskuwing nie, want hy het geglo dat hy die mag oor die koninkryke van die wêreld het. ‘Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan ‘n koningstad gemaak, tot my eer en roem.” (4:30)
 
Sy selfverheerliking het hom sy koningskap gekos en hy het sy verstand verloor en vir sewe jaar soos ‘n dier in die veld gelewe, net soos die Here voorspel het.
Met sy herstel sewe jaar later, het hy erken dat dit die Allerhoogste is wat in beheer van aardse sake is. ‘Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.” (4:37)
Spreuke 19:21 ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV)
Wanneer jy God liefhet, en wanneer die Heilige Gees in jou hart werk om jou van sonde te oortuig; kom jy op ‘n punt van diep, opregte berou oor jou sonde en wanneer jy onderneem om met die sonde te breek, sal jy die vreugde van ‘n nuwe lewe in Christus ervaar. Jy sal saam met Paulus kan uitroep dat jy gesterf het en dat die lewe wat jy nou leef, die lewe in die geloof in Jesus is. Dit is jou nuwe lewe waar jy daagliks al hoe meer soos Jesus word.
Hier is twee nuusbrokkies:
David Hotchkiss, Christianityworks S.A. se HUB, was onlangs in die Weskus by Radio Namakwaland, waar hy lekker gekuier het en met ‘n heerlike ete bederf is.
 
Ons wil ook vir KG Mlondile gelukwens met sy aanstelling as ons nuwe Suid-Afrikaanse bedryfshoof.
 
Hier is ‘n paar boodskappe van ons intekenaars:

Emsie sê: Goeiemôre, baie dankie vir die nuusbriefie, ek geniet dit altyd. Dankie vir die mooi positiewe boodskappies. Liefde
 
Cecilia sê: Baie dankie vir die bemoedigende boodskappe. Wanneer ek dit in die oggend ontvang, gee dit my krag vir die dag. Ek waardeer dit opreg.
 
Johanna sê: Baie dankie vir hierdie mooi boodskap, ek het dit vandag so nodig. ‘n Mooi geseënde dag ook vir u. Groete
 
Om vir ander tot seën te wees is so maklik ... hier is hoe!
 
Met die besige lewens wat baie mense lei, is dit nie vir almal maklik om die tyd te vind om elke dag in God se Woord deur te bring nie. Navorsing het bewys dat diegene wat die Bybel vier keer per week of meer lees, geestelik groei. Christianityworks vervaardig daaglikse drie-minute oordenkings - ‘n skrifgedeelte met ‘n boodskap van Berni Dymet - wat in 14 tale wêreldwyd vertaal en uitgesaai word. Vir besige mense is dit ‘n maklike manier om die gewoonte aan te kweek om daagliks in verhouding tot God te tree. Deur jou vriende en familie aan te moedig om in te teken op ons daaglikse VARS-e-boodskap, of op die potgooi, kan jy ‘n instrument in God se hand wees!
 
Baie dankie vir elkeen wat finansieel bydra tot die vervaardiging van VARS. Ons bankbesonderhede is aan die einde van die teks van hierdie potgooi vir die wat dit nog wil oorweeg om by te dra tot die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks.
 
HIER IS WEER ‘N UITDAGING VIR JOU:
 
VERTEL VANDAG VIR 2 MENSE VAN VARS EN VERDUIDELIK VIR HULLE HOE HULLE KAN INTEKEN!
 
Seënwense en mooi loop
Van my, Jokkie Gauché, en die VARS-span
 
 
Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:
Bank:                      First National Bank (FNB)
Rekening naam:       Christianityworks NPC
Takkode:                 250655
Rekeningnommer:   6286 0951 550 
of 
SKENK  https://christianityworks.co.za/donate