God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3)
Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak dit die proses nie makliker nie.
Die meeste mense, ken die storie van die fees wat ons op die 25ste Desember vier. Of hulle dit glo of nie, is ‘n ander saak. Maar hulle het beslis gehoor dat God na bewering menslike vorm aangeneem het, toe Hy meer as tweeduisend jaar gelede in 'n stal in Bethlehem gebore is. En hoewel Kersfees deesdae hoofsaaklik in 'n groot kommersiële uitbuiting verander het, is daardie wonderlike waarheid steeds, vir ons wat glo, ‘n werklikheid.
Miskien het jy al dikwels Kersfees gevier. Jy ken die storie al te goed; jy het miskien al dikwels die Kersliedere gesing, en miskien het hierdie wonderlike waarheid van Christus se geboorte net 'n bietjie te veel van ‘n tradisie geword. Maar my vriend, staan asseblief terug en kyk weer na hierdie waarheid – dat dié God wat die heelal geskep het, wat dit alles vir sy eie glorie instandhou, gekies het om 'n mens te word. Is dit nie opwindend en verruklik nie? As ons mooi na die omstandighede van Jesus se geboorte kyk, word dit heeltemal merkwaardig.

Jesus Christus, ons Here, is nie in ‘n koninklike paleis in gemak of glans gebore nie, maar in 'n stal. Dink vir een oomblik terug aan die ware omstandighede; dit, wat vir jare al as ‘n romantiese Kerskaartjie-toneel uitgebeeld word. Ek wonder hoeveel mense, selfs 2 000 jaar gelede, in stalle gebore is? Ja, die Koning van konings het as 'n gewone burger na die aarde gekom ... vir gewone mense soos ek en jy, om ons te red, om ons lewens vir ewig te transformeer.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.