God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (4)
Matteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”
Wanneer ‘n mens in lewensgevaar verkeer, verloor jy fokus op die gewone dinge rondom jou en skielik word adrenalien vrygestel; en daardie vlug-of-veg reaksie wat in ons DNS vasgelê is, skop in.
Ek het onlangs met ‘n vriend van my, wie se kanker vir 'n derde keer teruggekeer het, gesels. Sy aggressiewe kanker was hierdie keer erger; dit het groot verleentheid veroorsaak deur 'n paar onaangename en skrikwekkende fisiologiese simptome. Vrees vir die dood het hom 24 uur per dag soos 'n donker wolk omhul.
Hy is in sy middel-sestigs, en volgens die wet van gemiddeldes, kan hy verwag om nog twintig jaar of so te leef. En hy weet dat God hom kan genees, maar sal Hy? Daardie onsekerheid is allesoorheersend.
Ek weet wat jy dink: "Berni, hoekom praat jy hieroor, net een week voor Kersfees?" Dis ‘n goeie vraag. My antwoord is: want dit was daardie soort vrees, daardie onsekerheid oor hulle lewens wat Maria en Josef beetgepak het kort nadat Jesus – die Verlosser van die wêreld – gebore is.

Nadat hulle gevlug het, het Herodes alle seuntjies onder die ouderdom van twee jaar, in en om Betlehem, laat doodmaak. Hy wou Jesus dood hê, nog voordat Hy kon praat.
Jesus was van die begin af in lewensgevaar. En ons weet dat Hy leweloos aan 'n kruis moes hang, voordat Hy weer in heerlikheid opgestaan het.
Maar God weet hoe jy voel wanneer jy in doodsgevaar verkeer. Hy het dit beleef en Hy is nou saam met jou in jou situasie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.