God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (5)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3218

Send us a text

Matteus 2:14,15 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” 

As ek jou vra om 'n raaiskoot te waag oor hoeveel vlugtelinge daar vandag in die wêreld is, hoeveel sou jy sê? Wel, in totaal is daar ongeveer122.6 miljoen mense wêreldwyd wat die afgelope twaalf maande uit hul lande gevlug het. Dis verstommend, nè?

Vlugtelinge word oor die algemeen nie baie goed in ‘n nuwe land ontvang nie. In sommige dele van die wêreld is dit ‘n feit dat die groot aantal vlugtelinge die kapasiteit van selfs die vriendelikste buur-regerings, oortref. En dan is daar dikwels etniese en politieke spanning wat daartoe lei dat hulle selfs baie sleg behandel word.

Die woord “verplaas” in die term, "met geweld verplaas", is ‘n mooi manier om die brutale werklikheid te versag. Baie vlugtelinge leef in vrees en onsekerheid. Dikwels moet hulle vir jare aaneen sonder enige hoop op die toekoms in vuil kampe leef. Dis iets wat jy nooit vir jou ergste vyand sou toewens nie, nè? Verbeel jou vir een oomblik hoe jy sou voel as jy en jou gesin vlugtelinge was?

En net so is Maria, Josef en Jesus, die Seun van God, weens 'n sluipmoordkomplot na Egipte ‘verplaas.’ Israeliete moes vir hulle eie veiligheid na 'n Arabiese nasie vlug! Dink daaraan: Jesus – 'n vlugteling in 'n vyandige land.

Matteus 2:14 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”

Soms, wanneer ons onsself as vlugtelinge in komplekse, deurmekaar en moeilike omstandighede beskou ... voel dit asof God nie verstaan nie, asof Hy nie omgee nie. My vriend, dit is nie die waarheid nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY