God se Woord VARS vir jou Vandag

Opregte Mense Byt Vas

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3288

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:59

Send a text

Rut 1:16-17 Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê 'n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.” 

In die vinnig veranderende wêreld waarin ons leef, kan vriendskappe wispelturig wees. Alte dikwels laat jou vriende jou in die steek wanneer dinge langs die pad moeilik raak en wanneer jy hulle op jou nodigste het. Maar aan die anderkant is daar tog dié paar vriende wat deur dik en dun by jou sal staan.

Naomi was 'n Joodse vrou wat tydens 'n groot hongersnood saam met haar man en twee seuns na Moab verhuis het. Die seuns is met plaaslike meisies, Orpa en Rut, getroud.

Maar nadat haar man en haar twee seuns gesterf het, het Naomi besluit om na Betlehem terug te trek, aangesien die Moabiete en Jode geswore vyande was. Jy kan jou voorstel watter moeilike tyd sy gehad het. Naomi het besef dat dit onredelik van haar sou wees om van haar Moabitiese skoondogters te verwag om hulle eie mense te verlaat. Sy het Orpa en Rut aangespoor om agter te bly en nuwe lewens in hul eie gemeenskap te begin.

Orpa het omgedraai, maar Rut was lojaal teenoor haar skoonma, Naomi; en sy was bereid om die opoffering te maak om as 'n Moabiet na Israel te verhuis.

As jy die res van hulle geskiedenis lees, sien jy dat God Rut ryklik geseën het; en nie net vir haar nie, maar déúr haar, die res van die wêreld; aangesien Jesus een van haar direkte afstammelinge is.

God eer lojaliteit. Wees daardie vriend wat onder alle omstandighede getrou bly. 

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY