God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Maart Nuusbrief 2
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier
Goeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Nuusbrief vir die einde van Maart.
Dis so lekker om weer met jou te gesels.
Het jy geweet hoeveel gemeenskapsradiostasies daar in Suid-Afrika en Namibië is? Daar is oor die 250 gemeenskapsradiostasies in Suid-Afrika en 7 in Namibië.
Mlondile Kgobokgobo, die nuwe hoof van Christianityworks in Suid-Afrika, wat oral bekend staan as KG, het na sy besoek aan Gqeberha, die ou Port Elizabeth, die volgende gesê:
Die besoek was beide verrassend en bemoedigend. Dit het my waardevolle insig in die sosiale realiteite binne sommige gemeenskappe gegee, terwyl dit ook beduidende bedieningsgeleenthede dwarsdeur die streek uitgelig het. Die reis het herbevestig dat daar steeds baie werk in Suid-Afrika gedoen moet word en dat daar oop deure vir samewerking met ons gemeenskapsradiostasies is.
Een van die hoogtepunte was my besoek was aan Kingfisher FM, waar ek hartlik ontvang is en die geleentheid gehad het om oor Christianityworks se doelwitte te praat. Hulle was baie entoesiasties oor ons volgehoue samewerking.
· Bid asseblief vir meer gemeenskapsradiostasies in Suider-Afrika om daagliks VARS uit te saai.
· Bid ook vir al die radiostasies dwarsdeur die wêreld wat die goeie nuus van Christus uitsaai.
Ons wil net, soos altyd, baie dankie sê vir jou getroue gebede en bydrae.
Seënwense en mooi loop
Van Jokkie en Annelie en die VARS-span
Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:
Bank: First National Bank (FNB)
Rekening naam: Christianityworks NPC
Takkode: 250655
Rekeningnommer: 6286 0951 550
https://christianityworks.co.za/af/donate/ vir aanlyn betalingsopsies.
of
SKENK