God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Sondige Begeertes
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Jakobus 1:14-15 Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.
Wat gaan vandag in jou hart aan? Ek bedoel, jy is tog 'n goeie mens? Maar daar is 'n risiko dat daar 'n begeerte in jou hart skuil, wat, as jy dit nie hanteer nie, jou lewe kan verwoes. Daar is altyd daardie risiko, glo vir my.
Tydens die Franse Rewolusie het Maximilien Robespierre begin as 'n beginselvaste voorstander van vryheid en geregtigheid en broederskap. Hy het die regte van die armes bepleit en die doodstraf teengestaan. Maar toe het dinge verkeerd geloop. Hy het al hoe meer mag gekry en beroemd geword en heeltemal in ‘n tiran met 'n obsessie om mense te beheer, ontaard.
Hy het ‘n skrikbewind gevoer en duisende na die guillotine gestuur - selfs party van sy voormalige bondgenote. Die ideale wat hy eens gehad het, is deur vrees en sy obsessie om te beheer, vernietig. Uiteindelik is Robespierre in hegtenis geneem en deur die guillotine tereggestel. Hy het 'n slagoffer van dieselfde brutale stelsel wat hy afgedwing het, geword.
Hierdie man, wat eens integriteit gehad het, is stadig verteer deur sy onredelike ambisie. Hy het sy gesonde oordeel in sy begeerte om belangrik te lyk, verloor. Sy trots het hom vernietig.

My vriend, ek vra jou met my hele hart om te besin oor wat vandag in jou hart aangaan. Moenie versoek word deur bose begeertes wat diep in jou skuil nie. Moenie toelaat dat hulle ongehanteer gelaat word nie, want hulle sal jou van die lewe self beroof.
Jesus het gekom om jou vry te maak deur aan die Kruis te sterf om die prys vir jou sonde te betaal en weer op te staan om jou die krag te gee om jou sonde te oorwin en vir ewig vir Hom te lewe.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.