God se Woord VARS vir jou Vandag

Sonde is Aansteeklik

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3317

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:56

Send us Fan Mail

Genesis 4:6-8 Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”

Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak. 

As die afgelope paar jaar ons iets geleer het, is dit dat siektes versprei. Eintlik weet ons dit al lank. As ek verkoue het en rondloop en hoes en nies, gaan diegene rondom my dit ook kry.

Die Spaanse Griep het teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek. Dit het in Kansas, in die VSA begin. Binne 'n paar maande het dit deur troepebewegings en wêreldhandel Europa, Asië, Afrika en selfs afgeleë eilande, bereik.

Dit het tot middel 1919 geduur, sowat 500 miljoen mense besmet en 50 -100 miljoen gedood - en dis meer as die oorlog self. Anders as die meeste virusse, het dit gesonde jong volwassenes in groot getalle doodgemaak. Dit het wêreldwyd versprei. In net meer as 'n jaar het hierdie onsigbare vyand een van die dodelikste pandemies in die geskiedenis geword. Verstommend, nie waar nie?

En wat ewe verbysterend is, is dat sonde sedert die vroegste tye net so vinnig versprei het. Trouens, sommige van die donker dinge wat in ons harte versteek is - die afguns, die wantroue, die trots, die woede, die ambisie - het baie meer verreikende gevolge as wat ons dalk mag dink. Kom ons kyk na wat met Adam en Eva se twee seuns gebeur het:

Genesis 4:6-8 Toe sê die Here vir Kain: "Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie - die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers."

Sonde versprei altyd. Net soos Kain se sonde tot Abel se dood gelei het, verwond ons sonde ook ander mense. Wees versigtig met dit wat jy in jou hart ronddra.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY