God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Onregverdigste Daad Ooit
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
1 Petrus 2: 23-24 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.
Ons raak so gewoond aan hoe die Paasnaweek jaar in en jaar uit kom en gaan, dat dit so maklik is om gevoelloos te word vir dít wat Christus aan die kruis vir ons gely het. Ons ken mos die storie. Jesus het gesterf. Hy het weer opgestaan. Maar het jy al ooit regtig stilgestaan om die onreg van sy dood te voel?
Jesus was onskuldig en Hy is veroordeel. Die skuldige man, Barabbas, is vrygelaat. Dis wat die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, vir die woedende skare oor Jesus gesê het:
Johannes 18:38 “Ek vind geen skuld in hom nie...
Ja, kan jy glo: Pilatus het Jesus drie keer onskuldig verklaar! Tog het die Jode steeds uitgeroep: "Kruisig Hom!" So is ‘n misdadiger, Barabbas, bo Jesus gekies. Die Een wat niks verkeerd gedoen het nie, is geslaan, gespot en aan 'n kruis vasgespyker. Die moordenaar is vrygelaat.
Jesus het geen weerstand gebied nie.
1 Petrus 2:23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.
Jesus het die wreedheid en vernedering dapper aanvaar. Hy het Homself aan die Vader toevertrou en jou sonde en myne in sy liggaam gedra. Hy het, in gehoorsaamheid aan God, aan die kruis gehang om te betaal vir al ons sonde - Hy het nie net 'n ongelooflike onreg en vernedering gely nie; Hy het jóú oordeel, en die gevolge van jou sonde, gewillig namens jou gedra.
Dis die onreg van die kruis. Niks anders in die geskiedenis vergelyk daarmee nie - dit was nie net ‘n simboliese daad nie - daar is geen groter onreg nie; geen groter bewys van onverdiende liefde nie. Laat dit insink: Die ergste onreg in die geskiedenis was ook die grootste daad van genade.
Hy het jou plek ingeneem - nie omdat jy dit verdien het nie, maar omdat Hy jou in die ewigheid by Hom wil hê. Dis liefde!
En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.