God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Pilatus se Swakheid
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Johannes 18:37 “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus.
“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”
Terwyl ons hierdie week intens na die Paasfees-gebeure kyk, is Pontius Pilatus se besluit om die moordenaar, die opstandeling Barabbas, vry te laat, maar vir Jesus, die Seun van God, te laat kruisig onverskoonbaar. Wat de drommel het hierdie onlogiese uitspraak veroorsaak?
Ons weet Pilatus was nie ‘n dwaas nie. As Romeinse goewerneur het hy die verskil tussen skuld en onskuld goed verstaan. En toe Jesus voor hom gestaan het, het Pilatus dwarsdeur die Jode se vals opgemaakte beskuldigings gesien.
Johannes 18:38 “Ek vind geen skuld in hom nie...
Trouens, hy het Jesus drie keer onskuldig verklaar. Hy het aan die erns van sy uitspraak gedink en hy het selfs probeer om Hom vry te laat. Maar uiteindelik het Pilatus voor die druk geswig. Hy het toegelaat dat sy vrees vir die bedreiging van die groterwordende, woedende skare, sy logika oorheers.
Dis ongelooflik tragies, maar dit klink nogal bekend. Ons weet, soos Pilatus; dikwels wat die regte ding is om te doen, maar onder druk, deins ons terug. Ons dink aan wat die mense sal sê en ons vrees vir verwerping. Ons bly stil, terwyl ons weet ons moet opstaan vir wat reg is.
Maar Jesus het nie vir ‘n oomblik teruggedeins nie. Sy integriteit, sy opregtheid en sy deursettingsvermoë om die taak waarvoor Hy na die aarde gekom het, af te handel, staan in skrille kontras met die skynheiligheid en manipulasie van dié om Hom.

Jesus is nie veroordeel omdat Hy skuldig was nie, maar sy goedheid het die sondigheid van die ander mense blootgelê. Hy het nie weerstand gebied nie. Hy het nie gesmeek nie; omdat Hy in my en jou plek gestaan het.
Die enigste werklik onskuldige man wat die wêreld ooit geken het, is skuldig veroordeel; nie deur waarheid nie, maar deur die goewerneur se vrees. En Hy het dit gelate aanvaar… vir jou.
Dis God se Woord. Vars… vir jou… vandag.