God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Barabbas Kom Vry; Jy Ook
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Johannes 18:38-40 “Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom.
En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?”
Hulle skreeu toe terug: “Nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” En Barabbas was 'n rower.
Kom ons kyk vandag na die onreg van die Paasgebeure. 'n Woedende godsdienstige skare van Jode sleep Jesus voor Pontius Pilatus en eis dat Hy gekruisig word, en dat die moordenaar, Barabbas, vrygelaat word. Dis heeltemal belaglik, nè?
Trouens, as jy indringend daaraan dink, was dit die mees bisarre, abnormale uitruiling van aangeklaagdes in die geskiedenis. 'n Moordenaar - Barabbas - gaan vry. En Jesus, die geneser, leermeester, wonderwerker, word in sy plek veroordeel.

Jesus: onskuldig, geliefd, gestuur van die Vader. Barabbas: skuldig, gewelddadig, bekend vir rebellie.
Jesus: gegesel, bespot, gekruisig. Barabbas: vrygelaat, so vry soos ‘n voël in die lug.
Maar dit was nie net 'n politieke onreg nie - dit was 'n goddelike plaasvervanging. En daarin lê die ware onreg van die Kruis. Die naam Barabbas (bar-abba) beteken "seun van die vader". Hy is vrygelaat omdat Jesus, die ware Seun van die Vader, na die Kruis gegaan het.
Verstaan jy dit? Jy is Barabbas. Ek is Barabbas. Ons is diegene wat aangekla is en skuldig bevind is. Ons is diegene wat in opstand gekom het. En Jesus, die Een wat geen sonde geken het nie, het ons plek ingeneem.
Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Dis moeilik om te begryp. Ons verdien dit om veroordeel te word, maar Jesus bied genade. Ons is so vry soos ‘n voël in die lug. Hy hang aan 'n kruis. Dit is die hartklop van die Evangelie: Jesus het nie net gesterf nie. Hy het as ‘n plaasvervanger gesterf. In plaas van Barabbas. In plaas van my. In plaas van jou.
Barabbas is vrygelaat omdat Jesus sy plek ingeneem het. Jy gaan vry omdat Jesus joune ingeneem het.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.