God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
April Nuusbrief 1
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier
Goeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Nuusbrief vir die die begin van April.
Ek vertrou dat jy saam met die Psalmis in Ps.16:6 kan sê: U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee. Ek kan nie uitgepraat raak oor al die wonderlike dinge nie. Dit maak my baie gelukkig. Ek bly in ’n mooi land. (DB)
Kom ons waardeer ons wonderlike dinge en leer hoe getrou die Here is wanneer ons kyk
na ‘n artikel deur Charles Gardner, wat ek graag met jou wil deel.
Rennie Clarke beskryf homself as iemand wat gered is van 'n leefstyl van seks, dwelms en rock 'n' roll. As jong man het hy sy Christelike opvoeding versaak. Hy was 'n musiekbestuurder in die rockbedryf en hy het later dokumentêre materiaal in Suid-Afrika vervaardig. Sy leefstyl het die uiterlike glans van sukses gehad, maar dit was volgens hom gebou " op 'n web van leuens, mislukte verhoudings, gebroke huwelike, mishandeling van ander en die verwaarlosing van sy twee jong seuns".
Toe sy pa, ‘n afgetrede sendeling wat hy vir jare lank nie gesien het nie, hom uit Kalifornië besoek het, het hy nie vir hom gepreek nie, maar hy het 'n paar Christelike boeke op die boekrak gelaat en aangehou om vir sy seun te bid. Onder die boeke was The Abiding Friendship waardeur Rennie begin verstaan en aanvaar het wat Jesus vir hom gedoen het.
Dit was eers toe hy sy gesin, sy werk, sy huis en sy besittings verloor het en "’n eensame, vreesgedrewe varkhok-lewe, net soos die Verlore Seun in Jesus se gelykenis (in Lukas 15), geleef het, dat hierdie verlore seun uiteindelik huis toe gekom het. Rennie is vandag nog 'n lewende getuienis van God se belofte van die herstel van “die jare wat die sprinkane geëet het” in Joël 2:25.
Hier is Nog Goeie Nuus van Berni Dymet:
Hy sê: “Olivia het die afgelope paar weke haar skanderings, om die impak van haar behandeling te bepaal, gehad... en die nuus is goed. Baie goed.
Daar was geen verspreiding van die kanker in die res van haar liggaam nie. Baie dankie dat jy deel van hierdie reis saam met ons was. Ek kan jou nie sê hoeveel dit beteken nie! Hou asseblief aan om vir haar te bid. Ek weet dat jou gebed so 'n belangrike deel van haar genesing was.”
Nogmaals baie dankie vir jou betrokkenheid by VARS. Ons nooi jou uit om biddend te oorweeg om ‘n finansiële bydrae te maak en daardeur te help om die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks te ondersteun.
Seënwense en mooi loop
Van Jokkie, Annelie en die VARS-span
Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:
Bank: First National Bank (FNB)
Rekening naam: Christianityworks NPC
Takkode: 250655
Rekeningnommer: 6286 0951 550
https://christianityworks.co.za/af/donate/ vir aanlyn betalingsopsies.
of
SKENK