God se Woord VARS vir jou Vandag

Enorme Groot Krag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3332

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:46

Send us Fan Mail

Efesiërs 1:18-20 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 

Kom ons kyk na die krag wat Jesus uit die dood opgewek het: Dit was 'n krag wat enigiets wat op hierdie aarde voorkom, ver oortref, maar, weet jy, dieselfde krag is vir jou beskikbaar!

Die kernontploffing wat die Tsar Bomba genoem is, is een van die kragtigste kernontploffings van alle tye. Rusland het dit as ‘n magsvertoning op 30 Oktober 1961 op 'n afgeleë eiland in die Arktiese Oseaan laat ontplof. Die Russe het die bom ontwerp om hulle eie mense, sowel as die buiteland, te beïndruk en met vrees te vervul. Dit was, net om ons ‘n idee te gee, ‘n 50 megaton ontploffing.

Toe ek nog ‘n weermagsoffisier was, het ek gesien wat 'n konvensionele bom wat uit 'n vliegtuig laat val word, kan doen. Laat ek jou vertel, dis skrikwekkend. Maar 50 megaton? Dis ondenkbaar! Maar die opstandingskrag wat beskikbaar is vir enigiemand wat in Jesus glo, is baie, baie groter as dit. Die apostel Paulus skryf in: 

Dis nie ‘n teorie nie, maar dis die krag wat beskikbaar is vir enigiemand wat in Jesus glo, om die lewe te leef waarvoor Hy hulle geroep het; om die mense te word wat Hy hulle gemaak het om te wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY