God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Losgekoop van die Rotresies
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
1 Petrus 1:18-19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.
In 'n wêreld wat so behep is met materiële dinge; tydelike dinge; dinge wat verganklik is; kom baie mense nie uit by die dinge wat werklik saak maak, nie. En soos ons fokus op geld, gemak en sukses, gly die lewe stilweg verby ... totdat dit weg is.
Vir baie jare het ek my gesinslewe geoffer op die altaar van my loopbaan, gemak en sukses. Dit het my uiteindelik my eerste huwelik gekos. As ek terugkyk, besef ek dat die buit van die rotresies waarin so baie van ons hardloop, beslis nie die moeitewerd is nie. Silwer en goud is uiteindelik nie waaroor die lewe gaan nie.

Al daardie tydelike dinge wat ons dink so verskriklik belangrik is, sal eendag heeltemal betekenisloos wees. Trouens, as jy daaroor nadink, is hulle vandag alreeds so te sê betekenisloos.
Jesus het gekom om ons daarvan te red; om ons uit daardie rotresies te ruk; om ons lewens te herstel deur vir ons te gee wat werklik saakmaak ... van nou af tot in alle ewigheid.
Jy is gekoop, losgekoop, vrygemaak met die kosbare bloed van Christus.
Dit het Hom alles gekos. Hou op om op die ou materialistiese manier te leef. Jy is van daardie lewe gered. Volg Jesus.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.