God se Woord VARS vir jou Vandag

Omring deur die Bose, Beskerm deur Genade

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3334

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:40

Send us Fan Mail

2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. 

Ons leef in 'n wêreld wat nie net al hoe verder wegdryf van die Judeo-Christelike sedes wat deur die eeue heen so goed gewerk het nie, maar ook van God self. En hoewel dit in 'n sekere sin niks nuuts is nie, dink ek jy sal saamstem, dat dit besig is om skerp toe te neem.

Al word die wêreld al hoe boser (kyk net om jou rond, en sê my of ek verkeerd is), is daar een kragtige waarheid wat onveranderd bly. Dit is dat God altyd getrou is.

Die apostel Paulus was in die 1ste eeu n.C. vervolg omdat hy mense na Jesus gelei het. Hy het in 'n brief aan sy vriende geskryf dat hulle vir hom moet bid:

Paulus het die goeie nuus soms verkondig aan 'n klomp bose mense, wat nie die Goeie Nuus van die Evangelie wou ontvang nie. Net soos nie almal vandag in Jesus glo nie! Maar hy het nie toegelaat dat die opinies van hierdie mense hom van sy koers laat afwyk nie. Hy het diep in sy hart geweet dat God getrou is en dat Hy hom die krag sal gee en hom teen die Bose sal beskerm.

Moenie verbaas wees as mense teen jou draai, met jou spot en jou, as gevolg van jou geloof in Jesus, uitsluit nie. Hou vas aan Jesus wat gesterf het om die prys vir jou sonde te betaal en weer opgestaan het om jou 'n nuwe en ewige lewe te gee.

Moenie van koers af gegooi word nie. Want alhoewel jy deur boosheid omring mag wees, word jy deur genade beskerm. God sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie!

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY