God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Liefde Ten Spyte Van
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
George Clark, was 'n 19de-eeuse gewoontemisdadiger en baas van een van Londen se gewelddadigste straatbendes. Verhard deur armoede en misdaad, het hy jare in en uit die tronk deurgebring.
Tydens een van die kere in die tronk, het ‘n kapelaan vir Clark 'n Bybel gegee. Hy het aan die begin daarmee gespot. Maar toe kom hy op hierdie vers af:

Dit het hom getref. Hy was verhard deur 'n lewe van geweld en verwerping en hy het altyd geglo dat ‘n bendeleier en gewoonte misdadiger soos hy, gedoem is; dat hy vir ewig afgeskryf is. Hy het geglo dat liefde verdien moes word - en dat hy dit nooit kan verdien nie.
Maar hier was 'n waarheid wat sy vooropgestelde opvatting verpletter het: Christus (het) vir ons gesterf toe ons nog sondaars was.
Christus het vir hom gesterf, nie nadat hy sy lewe van al sy sonde skoongemaak het nie. Nie eers nadat hy verander het nie. Maar terwyl hy op sy laagtepunt besig was om van ellende te krepeer - het Christus hom lief genoeg gehad om vir hom te sterf.
Daardie soort genade is radikaal. Onverdiend. Dit het sy sonde blootgelê, ja - maar nog belangriker, dit het 'n liefde geopenbaar wat geweier het om hom te verlaat. Dit is wat sy hart deurboor het. Dit is wat die siklus van geweld gebreek het. Dit is wat hom vrygemaak het.
Clark het sy lewe aan Jesus Christus gegee, sy bendebedrywighede agtergelaat en 'n sendeling vir gevangenes en straatkinders - die einste mense wat hy eens op 'n dwaalspoor gelei het - geword. Sy lewe was ’n daadwerklike bewys dat niemand buite die bereik van God se liefde is nie.
Dis nie vrees, nie skuldgevoelens, nie reëls wat 'n persoon werklik transformeer nie - dit is die oorweldigende liefde en genade van God, wat Christus vir ons gedemonstreer het. Dieselfde liefde wat George Clark in daardie tronksel ontdek het, is die liefde wat God vir jou het. Hy het jou op jou laagtepunt van hopeloosheid en ellende lief.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.