God se Woord VARS vir jou Vandag

Elke Knie Sal Buig

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3361

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:43

Send us Fan Mail

Filippense 2:8-11 En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLV) 

Dink jy geloof in Jesus is outyds? Ag, dis die 21ste eeu. Watter relevansie kan 'n rabbi van 2 000 jaar gelede moontlik hê? Ek is ‘n besige mens – daar is baie dinge in my lewe aan die gang

Die daaglikse lewe dreineer jou, nè? Ek moet hierdie probleem oplos; ek moet daardie ding uitpluis; ek moet opgang maak - ek moet kinders grootmaak; 'n bestaan voer; my loopbaan vestig.

Maar al daardie geswoeg en gewerskaf - alles - sal eendag tot 'n einde kom ... miskien baie vinniger as wat enigeen van ons vandag sou vermoed. Ek weet Jesus het 'n ongelooflike verskil in my lewe gemaak en ek weet dat Hy ook 'n wonderlike verskil in joune wil maak, maar, wanneer dit alles verby is, wat gebeur dan?

Wag nou, ek is ernstig. Ek weet jy is baie besig en daar is baie druk op jou, maar sê my: wat dan?

My vriend, Jesus het sy lewe vir jou afgelê. Dit maak nie saak wat jy besit of wat jou omstandighede is nie, Hy is die Koning van die konings, die Here van die here, en eendag sal Hy oor alles regeer.

Hy het vir jou gekom.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY