God se Woord VARS vir jou Vandag

Ja en Amen

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3369

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:40

Send us Fan Mail

2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV) 

Die lewe is deurmekaar. Jy kan nie daarmee stry nie. Wys my 'n enkele gesin wat nog nie sy eie probleme gehad het nie. Wys my 'n enkele persoon met ‘n grys haar of twee, wat nie deur 'n paar werklike krisisse in die lewe gegaan het nie. Sulke mense bestaan eenvoudig nie.

Die lewe ruk en pluk ons inderdaad rond. Hopelik skuur dit ‘n paar van ons growwe kante af. In vandag se lewe moet ’n mens veerkragtig wees, jy moet verantwoordelikheid kan neem. 

Maar daar is 'n rots waarop ons veerkragtigheid gebou kán en móét word; 'n tydlose, onwrikbare fondament waarop ons elkeen kan en moet staan. Hier is dit:

God se beloftes is waar. Jesus het vir jou gekom. In Christus is al die beloftes van God 'n ‘ja.’ Hy het gekom om jou van jou sonde te red. Hy het weer uit die dood opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. Hy is gereed, gewillig en in staat om sy Gees op jou uit te stort om jou in Christus sterk te maak. Jy sal die ewigheid saam met Hom deurbring.

Hoe word hierdie beloftes vir jou ‘n werklikheid? Deur jou geloof in Jesus te plaas; deur jou hele lewe aan Jesus oor te gee. Want die ‘ja’ op al God se beloftes is in Christus, en daarom sê ons deur Christus "Amen" tot eer van God.

My Vriend, vertrou volkome op Jesus.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY