God se Woord VARS vir jou Vandag

Volkome Gered

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3370

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:05

Send us Fan Mail

Hebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree. 

Daar is deesdae soveel slegte nuus. Diktators, oorloë, lyding, uitbuiting, misdaad. Dis regtig lelik, nè? So, wat doen ons? Ons kyk noord en ploeter voort op ons eenvoudige manier op soek na ons klein ou kolletjie onder die son. Maar sê-nou daar is meer in die lewe as dit?

Blaise Pascal was 'n briljante 17de-eeuse Franse wiskundige, fisikus en uitvinder. Hy het groot bekendheid verwerf vir baie uitvindings, veral vir die een wat Pascal se Driehoek genoem word. Ten spyte van sy akademiese sukses, het hy met innerlike onrus, siekte en 'n gevoel van geestelike leegheid geworstel. Dit het alles verander op een nag toe hy 'n kragtige ontmoeting met Jesus gehad het.

Hy het dit sy "nag van vuur" genoem. Hy het daardie nag die Teenwoordigheid van die lewende God ervaar. Hy het sy belewenis van daardie aand op ’n stukkie perkament neergeskryf en in sy jas gebêre - waar dit eers agt jaar ná sy dood, op die ouderdom van 39, gevind is. Daarop was geskryf: My God, my God, waarom het ek U verlaat? Mag ek nooit weer van U geskei wees nie.

Het jy al jou nag van vuur gehad? Het jy al van aangesig tot aangesig met Jesus, wat vir jou gesterf en weer opgestaan het, gekom? Miskien nie, of miskien het jy, maar dit lyk alles so ver verwyderd van die dinge wat op hierdie oomblik aan die gang is.

My vriend, vandag het ek goeie nuus vir jou. In Christus het God jou ontsettend lief. In Christus kan jy gered word. In Christus kan jy vir ewig by God wees, want Jesus leef. Hy is gereed om jou te help wanneer jy Hom vra.

Doen dit vandag. Doen dit nou. Wend jou tot Jesus.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY