God se Woord VARS vir jou Vandag

Bonatuurlike Redding

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3380

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:48

Send us Fan Mail

Hebreërs 9:27-28 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. 

Hoe voel jy oor die bonatuurlike dimensie van die lewe? Bestaan daar so iets? Of is dit net 'n klomp outydse bygelowe, 'n onwelkome oorblyfsel van die Middeleeue? Wat dink jy?

Wanneer ons na ons lewens kyk; lyk ons almal maar net na menslike wesens: Ons word gebore, ons word groot, ons gaan skool toe, ons doen wat ons nou doen, en eendag ... sal ons lewens op hierdie aarde tot 'n einde kom. Dis hoe dit gaan...

Soos ons grootword, kom ons in aanraking met verskillende invloede. Kan jy dit as bonatuurlik bestempel? Ek dink nie so nie. Natuurlik het ons elkeen 'n morele raamwerk nodig waarvolgens ons kan leef ... sommige mense kies sekulêre humanisme, Boeddhisme, Islam, Sjinto ... en 'n hele paar mense kies Christenskap.

Maar ons weet dat Christenskap nie net 'n morele raamwerk is om saam met die ander oor te debatteer nie. In sy kern gaan dit geheel en al oor ‘n bonatuurlike verlossing.

Jesus is nie bloot 'n wyse ou profeet met goeie sedes nie. Hy is die Seun van God wat aan 'n kruis gesterf het om die prys vir ons sonde te betaal, sodat ons deur God vergewe kan word. En geen hoeveelheid goeie sedes sal jou ooit in die hemel kry nie. Die hemel is immers 'n bonatuurlike ryk wat 'n bonatuurlike sleutel vereis. Jesus is die sleutel.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY