God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Vreugde-uitruiling

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3412

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:46

Send us Fan Mail

Johannes 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 

Vreugde - egte, blywende vreugde - is die wonderlikste ding wat ‘n mens kan ervaar. Nie geluk nie. Geluk ry wipplank met jou omstandighede. Vreugde, aan die ander kant, bly by jou deur al jou hoogte- en laagtepunte.

Ek weet dat God wil hê jy moet elke minuut van elke dag vir die res van jou lewe, in sy egte, blywende vreugde leef. En daardie vreugde is nie iets wat jy self kan optower nie; dit word deur Jesus self, diep in jou hart gevestig.

Wanneer koel lug op 'n snikhete dag uit 'n lugversorger blaas, ervaar jy die proses van hitte-uitruiling. Warm en koel vloeistowwe vloei deur aparte kanale; hitte beweeg deur 'n dun wand, sodat die warm kant afgekoel word en die koel kant verfrissend koud word.

Kyk wat Jesus die nag voor sy kruisiging vir sy vreesbevange volgelinge sê in:

Hy moedig ons nie net van 'n afstand af aan nie – Hy dra sy eie vreugde ín ons oor. Sy vreugde vloei in ons moeë harte in en vul ons met sy blydskap, sodat ons blydskap ook volkome kan wees.

Sien jy die oordrag, die uitruiling wat Hy beskryf?... my blydskap ... in julle ... julle blydskap ...volkome kan wees

Maar net soos die hitte-uitruiling afhang van die afstand van die bron, hang die vreugde-uitruiling af van hoe naby jy aan Jesus is, of jy ín Hom bly, na Hom luister, en aan Hom gehoorsaam is. Dit is hoe die vreugde-uitruiling plaasvind - deur nabyheid en intimiteit. Mag Jesus se vreugde ín jou ... volkome wees. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY