God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Krag van ‘n Vriendelike Woord
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Spreuke15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.
Daar is ‘n magdom van potensiële bruikbare talent wat in die agt miljard mense op aarde opgesluit is. Maar dit is tragies watter enorme deel van daardie talent verlore gaan, bloot omdat die wêreld dit nie waardeer of erken nie. Dink ‘n bietjie daaroor na. Die verlies van al daardie talent is verstommend!
In 'n wêreld waar almal om aandag en sukses meeding, is daar soveel mense wat deur moeilike en onregverdige omstandighede benadeel word. Mense word geoordeel volgens hul uiterlike, of waar hulle vandaan kom.
Jy moet jouself afvra, hoekom doen ons dit? En hoekom laat God dit toe?
Spreuke 15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.
Neewat, niks het God se aandag ontglip nie. Die verskriklike dinge wat ons aan ander doen, gebeur onder sy neus. God sien die kwaad raak, en Hy sal daarmee afreken wanneer die tyd aanbreek. Maar intussen is daar iets wat jy en ek kan doen wat 'n groot verskil in soveel mense se lewens sal maak: Die ou vertaling praat van die sagtheid van tong as 'n lewensboom.
Die oorspronklike Hebreeus praat van daardie vriendelike woorde as 'n genesende tong. Dit is spraak wat herstel, streel en aanmoedig; dit bring vitaliteit, groei en seën – dis soos 'n lewegewende boom.
Dis opmerklik hoe min aanmoediging sommige mense eintlik nodig het om hulle volle potensiaal te bereik. Jy kan die een wees wat deur jou vriendelike woorde; jou genesende tong, hul lewens herstel tot alles wat God dit beplan het om te wees. Ja ... jy kan die instrument wees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.