God se Woord VARS vir jou Vandag

Weet Wanneer om Op te Hou

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3422

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:56

Send us Fan Mail

Spreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel. 

Het jy al opgelet hoe maklik mense deur hierdie samesweringsteorie, of daardie radikale dogma, aan die neus gelei word? Kyk net om jou rond. Soveel mense word in die maalstroom van die sosiale media meegesleur en ingesuig, dat hulle nie meer hul eie opinies kan vorm en hul eie koppe kan volg nie.

Stel jou voor jy ontmoet iemand wat oortuig is daarvan dat die aarde plat is, of dat vliegtuie chemikalieë spuit om mense se gedagtes te beheer. Daar sit jy hande oormekaar, ewe geduldig na hulle en luister terwyl hulle jou hulle NASA-foto's wys; hulle weergawe van basiese fisika aan jou verduidelik en selfs ‘betroubare wetenskaplikes’ aanhaal.

Maar weet jy, dit maak nie saak watter teenbewyse jy bring nie, jou vriend skud net sy kop en sê: "Dis dan wat hulle ." Jou weerlegging van sy teorieë met woorde van wysheid en waarheid spoel oor hom soos water oor 'n eend se rug. Dis ‘n totale mors van tyd. Wat doen jy nou?

Dwaas klink darem baie kras. Maar soms is dit ook die regte benaming vir sulke mense. Deur die boodskappe wat ek skep, ontvang ek baie negatiewe kritiek van mense wat my allerhande name noem en my van allerhande dinge beskuldig.

Dit het my aanvanklik regtig gepla, en dit het my ure lank geneem om aan elkeen te skryf en om te probeer om die lig van God se liefde in hul harte aan die brand te steek. Maar ek is jammer om te sê, nie een van hulle het getuig dat dit vir hulle behulpsaam was nie.

En hoe wreed dit ook al mag klink, moet jy uiteindelik God se raad volg:

Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY