God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Orde
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Genesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.
Die lewe kan soms nogal deurmekaar wees. Dit is nie altyd maklik om reg op te tree wanneer probleme jou skielik tref of dinge jou ontstel nie. Maar agter al die chaos is daar ’n geheime orde … as ons maar net daarna soek.
Die wetenskap het baie gevorder sedert Isaac Newton sy drie bewegingswette in 1687 geformuleer het - wette wat verduidelik hoe voorwerpe stilstaan, hoe hulle vinniger beweeg, en hoe elke aksie ’n reaksie het. Trouens, hoe meer ons leer, hoe duideliker word dit dat die heelal volgens vaste reëls werk. Alles is so fyn beplan en georganiseer dat selfs die kleinste verandering alles in chaos sou laat beland.
As swaartekrag net ’n bietjie sterker was, sou sterre dadelik uitgebrand het; as dit ’n bietjie swakker was, sou daar nooit sterrestelsels gewees het nie. Dit is dieselfde met die spoed van lig en alles anders in die natuur.
Hierdie perfekte balans wys duidelik dat daar ’n God van orde is, en nie van chaos nie.
Genesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.
Dink jy regtig dat die God wat die hele heelal gemaak het, nie ook orde kan bring in die chaos van hierdie wêreld, of in die moeilike dinge waardeur jy nou gaan nie?
Dieselfde Heilige Gees wat alles uit niks gemaak het, is die Een wat - ten spyte van wat die wêreld sê - vir jou wonderlike orde sal bring. Hy het eintlik reeds daarmee begin.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.