God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees is Teenwoordig
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Johannes 14:16-17 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Nou goed, party mense glo in God. Sommiges glo selfs dat Jesus die Seun van God was en is; dat hy mens geword het; aan die kruis gesterf het; opgestaan het en na die hemel opgevaar het. Dis alles goed en wel. Maar wat nou? Hoe is ’n mens veronderstel om Hom te ken, naby aan Hom te kom of sy teenwoordigheid te ervaar as Hy nie meer hier by ons is nie? Verduidelik dit vir my!
Die bekende Engelse verpleegster en sosiale hervormer, Florence Nightingale, word allerweë beskou as die stigter van moderne verpleegkunde. In die laat 1800’s was sy vir lank bedlêend en min mense het haar in die openbaar gesien, maar sy het deur haar briewe ‘n sterk invloed uitgeoefen.
Vanuit haar siekbed in Londen het sy talle briewe aan politici, hospitaalrade en militêre leiers geskryf. Hoewel haar liggaam swak was, is haar impak oor groot afstande gevoel. Deur haar toedoen is sanitasie-stelsels in Indië verbeter, hospitaalontwerpe in Europa verander en sy het die militêre gesondheidsbeleid wêreldwyd beïnvloed. Mense wat haar nooit ontmoet het nie, het haar teenwoordigheid ervaar asof sy self in hul kantore gestaan en op verandering aandring het.
Dit herinner ons dat die Gees afstande kan oorbrug en ’n mens die ander persoon se gesindheid kan aanvoel sonder dat jy fisies by hom hoef te wees. Jesus het net voor sy vertrek vir sy dissipels gesê:
Johannes 14:16-17: Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Wanneer jy jou geloof in Jesus stel, woon Hy deur sy Gees in jou. God se Gees kan enige afstand oorbrug om sy teenwoordigheid eg te maak, sonder dat hy fisies by jou hoef te staan.
Wees verseker dat Jesus jou nooit sal verlaat nie. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Hy is altyd by jou. Altyd!
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.