God se Woord VARS vir jou Vandag

Vir Jou Eie Beswil

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3449

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:39

Send us Fan Mail

Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan 

Die lewe is vol mense wat vir jou wil sê wat om te doen - van base en politici tot beïnvloeders op sosiale media. Almal het raad en almal het ‘n plan vir jou lewe. Maar die groot vraag is: na wie luister jy regtig?

As jongman was ek oortuig dat sukses die enigste doel in die lewe is. Ek moes ‘iemand’ word. Ek wou iemand wees en al die luukse dinge, wat die adverteerders beweer my gelukkig sou maak, besit. Dit sal jou nie verras dat daardie gejaag na sukses dolleeg was nie; dat dit my amper verwoes het.

Dit was dáár waar Jesus my kom red het.

Jesaja 48:17 sê: So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. 

Sien jy die verskil? God gee nie net raad nie. Hy leer jou wat regtig goed vir jou is. Hy manipuleer of mislei jou nie. Hy lei jou omdat Hy jou liefhet.

In Christus kry hierdie leiding 'n gesig. Jesus het gesê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Hy is nie net 'n gids nie - Hy is die pad self. Om Hom te volg, is nie 'n lys reëls nie. Dit beteken dat jy die Verlosser, wat vir jou gesterf het, toelaat om jou te lei. 

So, voordat jy na al die geraas luister, voordat jy toelaat dat slegte raad jou weer eens seermaak, stop eers. Luister fyn na wat God vir jou sê.

Ek leer jou wat vir jou goed is. Ek lei jou op die pad wat jy moet loop.

Dis God se Word. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY