God se Woord VARS vir jou Vandag

Wag Hoopvol

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3454

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:19

Send us Fan Mail

Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! 

Jy ken daardie tye wanneer jy desperaat gewag het dat dinge moet verander? Jy het gebid, maar dit het gevoel of die hemel swyg. Jy het werk gehard, maar niks het verander nie. Soos die wagtyd langer geword het, het jou hoop begin vervaag.

Jane Grey Swisshelm, ’n Amerikaanse joernalis en aktivis uit die negentiende eeu, is gespot, stilgemaak en selfs gedreig oor haar kritiek oor slawerny en onreg. Tog het sy geweier om tou op te gooi. 

Sy het eerder vol hoop gewag dat God dinge sal regstel. Sy het geglo dat die waarheid belangrik is en dat God self vir sy saak sal opstaan. Na jare se gespook het haar stem die openbare mening oor slawerny verander. 

Goed, dit was haar situasie destyds. Maar wat van ons, vandag? Hoe wag ’n mens met hoop? Gister het ons in Psalm 27:4 gesien hoe ons begeertes verander wanneer ons ons verlustig in die Here; om die waarheid te sê, dit verander ons hele uitkyk op die lewe. Dit is die sleutel - om na God Self te smag. En vandag moedig Koning Dawid ons nog verder aan in:

Die Hebreeuse woord vir "wag" beteken nie sommer net om tyd te verdryf terwyl jy senuweeagtig aan jou naels kou nie. Dit beteken om met hoop te wag - om in afwagting vorentoe te beur: om oortuig te wees daarvan dat God se hulp op pad is.

Terwyl hy deur vyande omring was, het Dawid geleer wat daardie soort hoop is; want dit vloei natuurlik voort uit ’n diep verlange na God Self. Dawid kon vertrou dat God sou ingryp – en God hét.

En ek kan jou belowe, in Christus skyn daardie hoop op sy helderste. Die kruis het na duisternis gelyk, maar die opstanding was naby. Om met hoop op Jesus te wag, is nooit tevergeefs nie, want Hy is getrou. 

So, as jy jouself tans in God se "wagkamer" bevind, moenie moed verloor nie. Smag na God Self. Hou aan om op Jesus te vertrou. Dít is die plek waarvandaan sy moed en sy hoop sal vloei. Sy hulp is op pad – altyd presies betyds.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY