God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ek wil Jou ‘n Geheim Vertel
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Psalm 25:14 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend.
Daar is iets vreeslik lekker en aanloklik aan ’n geheim, nè? Om te wag dat iemand jou genoeg vertrou om een te deel, voel kompleet of jy op die drumpel van iets groots staan. Sodra jy deel word van daardie "binnekring", verander alles sommer dadelik.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was net ’n handjievol mense by Bletchley Park in Engeland vertrou met die oorlog se grootste geheim – die ontsyfering van Duitsland se Enigma-kodemasjien. Hulle was ’n klein, eksklusiewe groepie wat in die geheim gewerk het en die loop van die geskiedenis verander het.
Geheime – die goeies altans – is presies so. Hulle het enorme krag om dinge te verander, maar nie almal weet daarvan nie. As jy daaroor dink, is dit juis wat ’n geheim ’n geheim maak.
Psalm 25:14 sê: Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend.
As jy die Here eer, is jy sy vriend. Hy vertrou jou met sy geheime en leer jou presies waarop jy in sy beloftes kan staatmaak.
En in Christus word daardie waarheid selfs nog groter. Jesus het vir sy dissipels in Johannes 15:15 gesê: Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Deur ons geloof in Hom is ek en jy nie meer buitestanders nie. Ons is binnekringmense –welkom in die raadsaal van God Self. Dink net daaraan! Dit laat ’n mens se kop sommer draai.
Moet dus nie tevrede wees met ’n geloof wat net op die oppervlak lê nie. Gee vandag ’n tree nader. Leef met ontsag vir Hom en ontdek die vreugde daarvan om God se vriend te wees - sy vennoot wat in sy binneste sirkel welkom is.
Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.