God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Voorkomende Beskerming
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Psalm 25:14-15 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.
Het jy al ooit vasgekeer gevoel? Asof daar onsigbare nette om jou styftrek, ongeag wat jy doen? Vrees, versoeking, spyt... dit voel soms net onmoontlik om los te breek.
Augustinus van Hippo het geweet hoe dit voel wanneer God se vriendskap jou lewe heeltemal omkeer. Vir jare het hy plesier, ambisie en slim planne nagejaag, maar niks kon hom regtig gelukkig maak nie. Sy lewe was vol vrees en moedeloosheid.
Maar toe hy Christus ontmoet, het sy oë oopgegaan vir die grootheid van God se waarheid. Hy het verander van ’n slaaf van die sonde tot een van die grootste denkers in die kerkgeskiedenis. Sy bekende boek, Confessions, is die eerlike storie van ’n man wat totaal nuut gemaak is deur sy vriendskap met God.
Psalm 25:14-15 sê: Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.
Gister het ons gesien hoe vers 14 vertel dat God die mense wat Hom eer, in sy binnekring intrek. Hy deel die geheime van sy onbreekbare beloftes met hulle. Dis hoekom die skrywer so vol vertroue na die Here kyk; hy weet dat God Self vir hom veilig uit elke strik en deur sy moeilikhede sal help.
Omdat God sy hart en sy beloftes aan ons bekendmaak, kan ons seker wees daarvan dat wanneer die nette van die lewe styftrek, God Self sal ingryp en ons vrymaak. Wat ’n belofte is dit nie!
My vriend, deur Jesus is dit óns werklikheid. Hy het ons verwelkom as God se vriende en by die kruis vir ons gewys hoe groot sy genade is. Wanneer ons met ontsag vir Hom lewe en ons oë op Hom hou, sien ons eerstehands hoe Hy ons beskerm en bevry - ’n vryheid wat net Hy kan gee.
Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.