God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Augustus Nuusbrief 2
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Augustus.
In moeilike tye soos dié waarin ons vandag leef, wil God hê sy kinders – dis nou ek en jy – moet lewens leef wat betekenisvol is, nè?
Hy wil hê ons moet in oorwinning leef. Hy wil hê ons moet dapper opstaan vir Christus. Wanneer ek en jy ons geloof met krag en doelgerigtheid uitleef, gebeur iets wonderliks…
God werk déúr ons om ander mense nader aan Hom te bring.
Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan! Die versoeking is groot om dié idee sommer dadelik af te skryf – Hy kan tog sekerlik nie deur mý werk nie – maar wag net so ’n oomblik. Kyk bietjie hierna:
In Numeri 22:28-33 lees ons dat die Here ’n donkie laat praat het om Bileam se lewe te red.
Nou wat dink jy daarvan?
God het deur ’n pratende donkie gewerk om Bileam se lewe te spaar en hom op ’n nuwe pad te lei. Ons Hemelse Vader het ’n hart wat verlang dat mense nader aan Hom moet kom. Hy moes ‘n donkie gebruik om Bileam se aandag te kry. Wat moet Hy vandag doen om jou aandag te kry?
Luister na sy Stem en wees dapper! Gebruik ook die VARS-boodskappe om hoop te versprei. En onthou, God wil deur jou werk.
Ons nooi jou uit om deel te word van die span wat hierdie lewensveranderende boodskappe na miljoene bring.
Sal jy vandag saam met ons staan?
- Jy kan bid dat God deur hierdie boodskappe harte sal aanraak.
- Jy kan gee: Jou finansiële bydrae maak dit moontlik dat ons die Evangelie kan verkondig.
- En jy kan jou vriende en familie vertel van VARS wat oor die radio, per e-pos en op potgooi beskikbaar is.
Seënwense en mooi loop!
Van Jokkie, Annelie en die VARS-span