God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Vryheid van Gehoorsaamheid
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Gehoorsaamheid en vryheid is twee idees wat voel asof hulle aan teenoorgestelde kante van die straat bly. Gehoorsaamheid klink na reëls, beperkings en "jy mag nie," terwyl vryheid klink na oop velde en "doen wat jy wil." Maar om die waarheid te sê, lei die een sonder die ander altyd na slawerny, na sonde, na chaos of na jou eie-ek. Ware vryheid word juis gevind in gehoorsaamheid aan die ware Meester.
Broer Lawrence was ’n 17de-eeuse Franse monnik wat onder streng kloosterreëls met vasgestelde tye vir gebed, stilte en nederige werk in die kombuis, geleef het. Aanvanklik het hy ingeperk gevoel, maar iewers tussen die skrop van potte en die fluister van gebede, het hy vreugde ontdek.
In totale gehoorsaamheid het hy totale vryheid gevind—sy gees was ongetem en sy siel was rustig in God se teenwoordigheid.
Romeine 14:8sê: As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Net soos Broer Lawrence, het die apostel Paulus verstaan dat om aan Christus te behoort nie slawerny is nie—dit is bevryding. Wanneer ons die sleutels van ons wíl oorgee, word ons nie meer deur vrees of omstandighede beheer nie. Die lewe is dan nie meer sommer net 'n rigtinglose spul dinge wat gebeur nie; jy kan met groot oortuiging sê: Ek leef vir Jesus.
Dit breek die leuen af dat vryheid beteken om net te doen wat lekker voel; — ware vryheid is om te weet aan Wie jy behoort. Gehoorsaamheid is nie 'n tronk nie, maar 'n roeping; — dit wys vir jou wat God se doel met jou is.
Jou lewe is nie meer jou eie as jy aan Christus behoort nie; — en dis die beste ding wat met jou kan gebeur. Die Een in wie se hande jy is, het jou volmaak lief en maak jou regtig vry.
Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.