God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
September Nuusbrief 2
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Goeiedag, 'n Heerlike, geseënde lentetyd vir jou!
Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir September.
Sjoe, kan jy glo dit is alweer lente? Ons hoop dit gaan sommer baie goed met jou en dat jy die warmer dae en vroeë oggendsonnetjie net soveel soos ons geniet. Die nuwe seisoen bring nuwe energie, en dit is die perfekte tyd om vir 'n oomblik asem te skep en te kyk na al die mooi dinge wat die Here vir ons gee. In hierdie nuusbrief wil ons sommer net 'n bietjie liefde en inspirasie met jou deel—en wys hoe ons intekenaars se terugvoer ons harte warm laat klop!
Hier is ‘n getuienis wat ons ontvang het:
Joan Kilian sê: Baie dankie vir die "VARS-"boodskappe wat elke oggend vir my soveel betekenis het. So baie daarvan is "spot on."
Vanoggend se boodskap "Die vreugde om ja te sê" spreek weer eens tot my. Ek is besig om Kolossense te lees en dit bevestig juis dat ons God se wil moet doen.
Baie dankie aan almal by Christianityworks wat hierdie boodskappe elke dag uitstuur en spesiaal aan Berni wat GOD gehoorsaam. Mag julle geseënd wees in alles wat julle doen. Jesus liefde.
Hier is nog ‘n paar kortetjies:
· Dankie julle! Ek is absoluut mal oor die praktiese boodskappe. Ek deel dit in my klaskamer, stuur dit vir my vriende aan, en gebruik dit natuurlik vir my eie stilte-tyd saam met die Here.
· Dankie dat julle hierdie daaglikse e-posse stuur, julle ouens is tops!"
· Sjoe! My voete is twee keer in die laaste paar dae sommer onder my uitgeslaan deur julle boodskappe! Ek wil sommer my arms in die lug gooi en jubel oor die Waarheid daarvan. Dit was net die regte vonk om my geloof in Jesus Christus weer nuwe lewe te gee. Baie dankie!
· Hierdie inspirerende boodskappe maak sommer my hele dag. Dit voel altyd of dit my situasie presies aanspreek, nog voor ek selfs weet ek het dit nodig! Julle is amazing!
Dankie dat jy deel is van hierdie bediening — jou betrokkenheid en gebede beteken vir ons meer as wat woorde kan sê. Ons nooi jou hartlik uit om jou gebedsversoeke na afrikaans@christianityworks.com te stuur wanneer jy wil hê ons gebedspan moet saam met jou bid. Ons hoor altyd graag van jou; stuur ook gerus jou getuienis of terugvoer oor die materiaal vir ons aan.
As die Here dit op jou hart lê om ons Suid-Afrikaanse bediening finansieel te ondersteun, kan jy eenvoudig die skakel hieronder gebruik. So kan jy op ‘n praktiese wyse ook meewerk om die boodskap van die Koninkryk van Jesus Christus tot in die verste uithoeke van die aarde uit te dra.
Moenie vergeet om vir jou land te bid nie!
Seënwense en mooi loop!
Van Jokkie, Annelie en die VARS-span