God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Stop. Luister. Leef
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Matteus 7:1 "Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie;"
Ons word omring deur aanhoudende geraas. Jou foon piep, die televisie brom in die agtergrond, kennisgewings flikker om jou aandag te trek. Een geluid na die ander ding mee om gehoor te word. En dis tragies, maar hoe meer ons na alles luister, hoe minder hoor ons werklik enigiets.
In 2007 het 'n armoedig geklede musikant in 'n besige Washington-metro-stasie 'n Bach-konsert op sy kosbare Stradivarius-viool gespeel. Duisende het verbygeloop; party laat vir werk, ander met hul neuse in hulle slimfone. Hulle het nie besef dat dié musikant Joshua Bell, een van die wêreld se grootste violiste was nie. Slegs 'n handjievol het stilgestaan om te luister.
Die skoonheid was daar … hulle het dit net nie raakgesien nie. Hulle het na sy uiterlike voorkoms gekyk en hom afgeskryf. Kyk wat sê Jesus:
Matteus 7:1 "Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie;"
Jesus het die gelykenis van die saaier vertel - hoe dieselfde saad in een hart niks oplewer nie en in 'n ander hart oorvloed bring, afhangende van hoe dit ontvang word. Die verskil was nie in die boodskap nie … dit was in die luisteraar se reaksie.
In 'n wêreld vol afleidings praat God nog steeds - deur sy Woord, sy Gees en selfs die sagte stem van ons gewete. En die maklikste ding vir ons om te doen, is om Hom te ignoreer, of ten minste om die lewensreddende, lewegewende belangrikheid van wat Hy sê, te onderskat.
My vriend, voordat jy na die volgende oulike ding hardloop, stop 'n oomblik. Kom nader. Luister aandagtig.
Want die mate van aandag wat jy aan God gee, bepaal die mate van lewe wat Hy in jou terugploeg.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.